Posted by Hannetjie Pretorius U sal seker onthou dat ek u destyds kom sien het oor een van my leerlinge, Marinus van der Merwe. U het n konsultasie met die ouers aanbeveel, en dat daar intensief met Marinus gewerk word. Graag doen ek nou verslag oor die resultate: Aan die einde van Gr. 1 was Marinus n druip kandidaat a.g.v. sekere vaardighede wat baie swak was en sy lees en spel is geweldig daardeur beïnvloed, asook sy selfbeeld. Na n onderhoud met die hoof is besluit om Marinus oor te plaas na Gr. 2. Beide ouers het besef dat hierdie swak vaardighede slegs suksesvol vasgelê kan word met volgehoue dissipline en harde werk. Ek het Marinus op 30 Nov 2000 geëvalueer en bevind dat sy grootste probleemareas ruimtelike oriëntasie, geheue vir opeenvolging en ouditiewe geheue was. Hy kon ook nie een woord lees nie, en sy skrif was baie lelik. Ons het die hele Desember 2000 baie hard gewerk m.b.v. tuisprogram. Toe Marinus na die eerste dag agterkom wat hy kan regkry was dit soos n skakelaar wat aangeskakel word. Hy was positief en entoesiasties, en so het ek die moeilikheidsgraad en tempo gedurig aangepas. Na 5 weke se volgehoue werk van 3 ure per dag het ek hom weer geëvalueer en die resultate was as volg: * Hy kon 130 woorde vlot lees, sonder huiwering, en hy het nie meer sy klanke omgedraai en b, p, d verwar nie. Ek faks vir u n voorbeeld deur van Marinus se skrif op 30 Nov. sowel as ses weke later. Soos u sal sien was daar ook n groot verbetering in sy skrif. Marinus is baie opgewonde Gr. 2 toe, maar ons moes nog steeds hard werk. So is Marinus by die Audiblox-groepsklas ingeskakel, want soos ons almal weet is die klasse groot en Marinus se konsentrasie in groepsverband baie swak. In samewerking met die onderwyseres dat hy voor in die klas moet sit, en twee keer per week se Audiblox-klasse, het Marinus se konsentrasie baie verbeter en kon hy dus vinniger begin werk. Hy is tans in Gr. 3 en dit gaan baie goed. Ouers moet net onthou dat goeie resultate slegs bereik kan word deur volgehoue dissipline en harde werk. Dit is ook baie belangrik dat elke Audiblox-klas n uitdaging moet wees vir die leerder sowel as die onderwyseres. Hannetjie Pretorius
![]()
on April 16, 2002, 12:35 pm
Beste Dr Jan,
* Geheue vir opeenvolging verbeter met 33%.
* Posisie in die ruimte verbeter met 37%.
* Vormherkenning verbeter met 17%.
* Oogspan verbeter met 10%.
* Ouditiewe geheue verbeter met 41%.
Audiblox Meesteropleier
Clarens
Message Thread:
![]()
« Back to thread